Titus 1:14-16

Titus 1:14-16 DB

Hulle moet al daardie Joodse bygelowe en storietjies van hulle laat staan. Hulle hou hulle nog altyd besig met mensgemaakte reëls en wette wat glad nie die waarheid is nie. As die Here ’n mens vrygemaak het, hoef jy nie meer al die wette en reëls van daardie mense te gehoorsaam nie. Hierdie mense en ander ongelowiges is die gevangenes van hulle selfgemaakte “godsdiens”. Hulle kom dit nie eens agter nie, want hulle gedagtes is in die mag van die sonde. Hulle sondige geaardheid maak dat hulle verkeerd dink. Hulle maak asof hulle God ken, maar hulle lieg. Want wat hulle doen, sê iets heeltemal anders. Hulle vang die verskriklikste dinge aan. Hulle luister glad nie na wat God sê nie. Hierdie mense doen nie ’n enkele ding wat sy hart bly maak nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Titus 1:14-16

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid