Romeine 1:26-28

Romeine 1:26-28 DB

God het al hierdie sondaars oorgegee aan hulle siek begeertes. Daarom het vroue begin om die normale seksuele gemeenskap met mans te verruil vir abnormale seksuele gemeenskap met ander vroue. Die mans het presies dieselfde gedoen. Hulle het ook hulle normale seksuele gemeenskap met vroue laat staan omdat hulle vreemde seksuele gemeenskap met ander mans wou hê. As gevolg daarvan het hulle allerhande skandelike dade met mekaar begin pleeg. Maar hulle het ’n baie duur prys daarvoor betaal. God het hulle gestraf deur hulle aan hulleself oor te laat. Omdat hierdie mense glad nie daarin belangstel om God op die regte manier te ken nie, het Hy toegelaat dat hulle kan dink net wat hulle wil en doen wat hulle wil.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Romeine 1:26-28

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid