Openbaring 7:9-10

Openbaring 7:9-10 DB

Daarna het ek ’n vreeslike klomp mense gesien. Hulle was so baie, ’n mens kon hulle nie eens tel nie. Hulle het van oral af gekom, maak nie saak waar hulle gebly of watter taal hulle gepraat het nie, hulle was daar voor God se troon en voor die Lam. Hulle was pragtig aangetrek en het baie deftig gelyk met hulle wit klere. Om te wys hoe vol vreugde hulle is, het hulle palmtakke rondgeswaai. Hulle het ook hard geskree sodat almal kon hoor: “Wil jy weet wie jou uit jou sonde kan red? Dit is ons God wat oor alles heers en die Lam wat dit kan doen!”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid