Rigters 5:1-5, 18-22, 31

Rigters 5:1-5 DB

Op daardie dag het Debora en Barak seun van Abinoam hierdie lied gesing: “Toe Israel se leiers voorloop, het die volk hulle vrywillig en met blydskap gevolg. Prys die Here! Luister, konings! Hoor mooi, regeerders! Ek sing tot eer van die Here, ek eer die Here, die God van die Israeliete, met my lied. Here, toe U van die berge in Seïr af gekom het en oor die vlaktes van Edom opgetrek het, het die aarde gebewe onder u groot krag en die hemel het reën gegee. Die water het in strome uit die wolke geloop. Die berge het gesmelt van vrees voor die Here van Sinai, voor die Here, die God van Israel.

Rigters 5:18-22 DB

Maar Sebulon was bereid om lewens te waag in die stryd. Naftali het die dood op die berge in die oë gekyk. “Die konings van Kanaän het gekom, hulle het by Taänak en die fonteine van Megiddo oorlog gemaak, maar hulle het nie oorlogsbuit saam met hulle teruggevat nie. Die sterre van die hemel het ook geveg; soos hulle deur die hemel beweeg, het hulle teen Sisera geveg. Die Kisonrivier, die eeue oue Kisonrivier, het die vyand meegesleur. “Moenie bang wees nie! Wees sterk! “Toe het die perde die aarde laat dreun soos hulle aangestorm kom.

Rigters 5:31 DB

“Mag al u vyande so doodgaan, Here, maar mag dié wat U liefhet, wees soos die son wat opkom en met sy volle glorie oor die aarde skyn.” Hierna was daar 40 jaar lank vrede in die land.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Rigters 5:1-5, 18-22, 31

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid