2 Konings 12:8-16

2 Konings 12:8-16 DB

Joas het Jojada en die ander priesters byeengeroep en gevra: “Waarom het julle nie die tempel herstel nie? Van nou af mag julle nie meer die tempelbydraes vir julleself gebruik nie. Dit moet alles gaan vir die restourasie van die tempel.” Die priesters het ingestem: hulle sou nie meer die bydraes ontvang nie, maar dan sou hulle ook nie meer verantwoordelik wees vir die herstel van die tempel nie. Jojada die priester het ’n gat in die deksel van ’n groot kis gemaak en dit regs van die altaar by die ingang van die tempel van die Here neergesit. Die priesters wat die tempel se ingang bewaak het, het almal se bydraes in die kis gegooi. As hulle sien die kis raak vol, het die staatsekretaris en die hoëpriester die geld wat tempel toe gebring is, getel en in sakkies gesit. Hulle het die geld aan die kontrakteurs uitbetaal wat aangestel is om die tempel te restoureer. Die kontrakteurs het skrynwerkers, bouers, messelaars en klipkappers aangestel om die herstelwerk aan die gebou te doen. Hulle moes hout en bouklippe voorsien om die vervalle dele van die gebou te herstel. Al dié kostes is uit die tempelbydraes betaal. Die geld is glad nie gebruik vir silwerbakke, messe, komme, trompette of enige gereedskap van goud of silwer nie. Dit is slegs gebruik om vir die restourasie van die tempel te betaal. Daar is ook nie van die kontrakteurs verwag om verslag oor die geld te doen nie. Hulle het hulle werk in goeie trou gedoen.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 Konings 12:8-16

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid