PSALMS 75

75
Die Wêreldregter met die toornbeker.
1VIR die musiekleier; op die wysie van: „Moenie verwoes nie.” 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.
2Ons loof U, o God, ons loof, en naby is u Naam; hulle vertel u wonders.
3As Ek die regte tydstip aangryp, oordeel Ék regverdig.
4Al wankel die aarde en al sy bewoners — Ék het sy pilare vasgestel. Sela.
5Ek sê tot die onsinniges: Wees nie onsinnig nie! en tot die goddelose: Verhef die horing nie!
6Verhef julle horing nie daarbo en spreek nie met trots uitgerekte nek nie.
7Want nie van die opgang of van die ondergang, ook nie van die woestyn van berghoogtes nie ...
8maar God is regter: Hy verneder die een en verhef die ander.
9Want in die hand van die Here is 'n beker, en die wyn skuim; dit is oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink.
10Maar ék sal vir ewig verkondig — ek wil psalmsing tot eer van die God van Jakob.
11En ek sal al die horings van die goddelose mense stukkend breek; die horings van die regverdige sal verhef word.

Tans Gekies:

PSALMS 75: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid