PSALMS 58

58
Wraak oor die onregverdige regters.
1VIR die musiekleier; op die wysie van: „Moenie verwoes nie.” Van Dawid. 'n Gedig.
2Spreek julle waarlik geregtigheid, o gode? Oordeel julle die mensekinders regverdig?
3Ja, julle bedryf ongeregtighede in die hart; julle weeg op aarde die geweld van julle hande af.
4Afvallig is die goddelose mense van die geboorte af; die leuensprekers dwaal van die moederskoot af.
5Hulle het gif soos die gif van 'n slang; soos 'n dowe adder wat sy oor toestop,
6wat nie luister na die stem van die besweerders, van hom wat ervare is om met towerspreuke om te gaan nie.
7 o God, verbreek hulle tande in hulle mond; slaan die tande van die jong leeus uit, o Here!
8Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het.
9 Laat hulle wees soos 'n slak wat wegsmelt so ver as hy loop, soos 'n misgeboorte wat die son nie gesien het nie.
10 Voordat julle potte die doringtak gewaar word, sal Hy dit wegstorm, die rou vleis sowel as die vuurgloed.
11 Die regverdige sal bly wees as hy die wraak sien; hy sal sy voete was in die bloed van die goddelose.
12En die mense sal sê: Gewis, daar is vrug vir die regverdige; gewis, daar is 'n God wat op die aarde oordeel!

Tans Gekies:

PSALMS 58: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid