PSALMS 54

54
Teenoor grimmige vyande.
1VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Onderwysing van Dawid,
2 toe die Sifiete gekom en aan Saul gesê het: Het Dawid hom nie by ons weggesteek nie?
3 o God, verlos my deur u Naam, en doen aan my reg deur u mag!
4 o God, hoor my gebed, luister na die woorde van my mond!
5Want vreemdes staan teen my op, en tiranne soek my lewe; hulle stel God nie voor hul oë nie. Sela.
6Kyk, God is my helper. Dit is die Here wat my siel ondersteun.
7Hy sal my vyande die kwaad vergelde. Vernietig hulle in u trou!
8 Vrywillig wil ek aan U offer; ek wil u Naam, o Here, loof, want dié is goed;
9want dié het my uit alle benoudheid gered, en my oog het met welgevalle op my vyande neergesien.

Tans Gekies:

PSALMS 54: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid