PSALMS 149

149
Lofgesang en oorlogswaard.
1HALLELUJA! Sing tot eer van die Here 'n nuwe lied, sy lof in die vergadering van die gunsgenote!
2Laat Israel hom verheug in sy Maker; laat die kinders van Sion juig oor hulle Koning!
3Laat hulle sy Naam loof in koordans, Hom psalmsing met tamboeryn en siter.
4Want die Here het 'n welbehae in sy volk; Hy versier die ootmoediges met heil.
5Laat die gunsgenote juig in heerlikheid; laat hulle jubel op hul bedde.
6Lofverheffinge van God is in hulle keel, en 'n tweesnydende swaard in hulle hand;
7om wraak te oefen onder die heidene, strafgerigte onder die volke;
8om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie;
9om 'n vonnis wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. 'n Eer is dit vir al sy gunsgenote! Halleluja!

Tans Gekies:

PSALMS 149: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid