PSALMS 141

141
Gebed om bewaar te bly van verleiding en vervolging.
1 'n PSALM van Dawid.
Here, ek roep U aan; kom tog gou na my toe; luister na my stem as ek U aanroep.
2Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, die opheffing van my hande soos die aandoffer.
3 Here, stel 'n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe.
4Neig my hart nie tot iets wat sleg is, om in goddeloosheid dinge te doen saam met manne wat ongeregtigheid werk nie; en laat my van hulle lekkernye nie eet nie.
5Laat die regverdige my met liefde slaan en my tugtig — hoofsalf sal my hoof nie weier nie; want nog is my gebed teen hulle booshede.
6As hulle regters aan die kant van die rots afgegooi word, dan sal hulle hoor dat my woorde lieflik is.
7Soos 'n mens in die aarde vore en skeure trek, is ons beendere gestrooi by die mond van die doderyk.
8Want op U is my oë, Here Here; by U skuil ek: giet my siel nie uit nie!
9Bewaar my vir die mag van die vangnet van die wat vir my strikke stel, en vir die strikke van die werkers van ongeregtigheid.
10Laat die goddelose in hulle vangkuile val, almal saam, terwyl ék verbygaan!

Tans Gekies:

PSALMS 141: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid