NEHEMÍA 12

12
Lys van priesters en Leviete.
1EN dit is die priesters en die Leviete wat saam met Serubbábel, die seun van Seáltiël, en Jésua opgetrek het: Serája, Jeremia, Esra,
2Amárja, Mallug, Hattus,
3Segánja, Rehum, Méremot,
4Iddo, Gínnetoi, Abía,
5Míjamin, Maädja, Bilga,
6Semája en Jójarib, Jedája,
7Sallu, Amok, Hilkía, Jedája; dit was die hoofde van die priesters en van hulle broers in die dae van Jésua.
8En die Leviete was: Jésua, Bínnuï, Kádmiël, Serébja, Juda, Mattánja wat met sy broers die leiding by die kore gehad het.
9En Bakbúkja en Unni, hulle broers, het by die dienste teenoor hulle gestaan.
10En Jésua was die vader van Jójakim; en Jójakim was die vader van Éljasib, en Éljasib die vader van Jójada,
11en Jójada die vader van Jónatan, en Jónatan die vader van Jaddúa.
12En in die dae van Jójakim was die priesterlike familiehoofde: van Serája, Merája; van Jeremia, Hanánja;
13van Esra, Mesúllam; van Amárja, Jóhanan;
14van Mallugi, Jónatan; van Sebánja, Josef;
15van Harim, Adna; van Mérajot, Hélkai;
16van Iddo, Sagaría; van Gínneton, Mesúllam;
17van Abía, Sigri; van Mínjamin, van Moádja, Píltai;
18van Bilga, Sámmua; van Semája, Jónatan;
19en van Jójarib, Máttenai; van Jedája, Ussi;
20van Sállai, Kállai; van Amok, Heber;
21van Hilkía, Hasábja; van Jedája, Netáneël.
22Wat die Leviete betref — in die dae van Éljasib, Jójada en Jóhanan en Jaddúa is die familiehoofde opgeskrywe, en die priesters tot aan die regering van Daríus, die Pers.
23Die kinders van Levi, die familiehoofde, is opgeskrywe in die boek van die kronieke tot die dae van Jóhanan, die seun van Éljasib.
24En die hoofde van die Leviete was: Hasábja, Serébja en Jésua, Kádmiël, en hulle broers was teenoor hulle om te loof en te dank volgens die bevel van Dawid, die man van God, wag naas wag:
25Mattánja en Bakbúkja, Obádja. Mesúllam, Talmon, Akkub was poortwagters wat wag gehou het by die voorraadkamers van die poorte.
26Hulle was in die dae van Jójakim, die seun van Jésua, die seun van Jósadak, en in die dae van Nehemía, die goewerneur, en van die priester Esra, die skrifgeleerde.
Inwyding van die muur van Jerusalem.
27EN by die inwyding van die muur van Jerusalem is die Leviete uit al hulle woonplekke gesoek, om hulle na Jerusalem te bring ten einde die inwyding te hou met vreugde en dankliedere en met gesang, simbale, harpe en siters.
28Toe het die seuns van die sangers byeengekom uit die streek rondom Jerusalem sowel as uit die dorpe van die Netofatiete,
29en uit Bet-Gilgal en uit die buiteveld van Geba en Asmáwet, want die sangers het vir hulle dorpe rondom Jerusalem gebou.
30En die priesters en die Leviete het hulleself gereinig, en die volk en die poorte en die muur gereinig.
31En ek het die owerstes van Juda bo-op die muur laat klim en twee groot kore opgestel en optogte, een na regs bo-op die muur na die Aspoort toe;
32en agter hulle aan het geloop: Hosája en die helfte van die owerstes van Juda,
33en Asárja, Esra en Mesúllam,
34Juda en Benjamin en Semája en Jeremia,
35en van die seuns van die priesters met trompette, Sagaría, die seun van Jónatan, die seun van Semája, die seun van Mattánja, die seun van Migája, die seun van Sakkur, die seun van Asaf,
36en sy broers Semája en Asáreël, Mílalai, Gílalai, Maäi, Netáneël en Juda, Hanáni, met die musiekinstrumente van Dawid, die man van God; en Esra, die skrifgeleerde, voor hulle uit.
37En by die Fonteinpoort het hulle, reg voor hulle uit, met die trappe van die Dawidstad opgegaan, waar die muur opgaan bo die huis van Dawid, tot by die Waterpoort teen die ooste.
38En die tweede koor het in teenoorgestelde rigting getrek, en ek met die helfte van die volk agteraan, bo-op die muur by die Bakoondtoring langs tot by die Breë Muur;
39verder by die Efraimspoort langs en die Ou Poort en die Vispoort en die toring Hanáneël en die toring Hamméa tot by die Skaapspoort; en hulle het bly staan by die Gevangenispoort.
40Toe het die twee kore in die huis van God gaan staan, en ek en die helfte van die leiers met my saam;
41en die priesters Éljakim, Maäséja, Mínjamin, Migája, Eljoënai, Sagaría, Hanánja met trompette,
42en Maäséja en Semája en Eleásar en Ussi en Jóhanan en Malkía en Elam en Eser. En die sangers het hulle laat hoor, en Jisrágja was die leier.
43En op dié dag het hulle groot offers gebring en was vrolik; want God het hulle groot vreugde verskaf, en ook die vroue en kinders was vrolik, sodat die vreugde van Jerusalem tot ver weg gehoor is.
Herstelling van die tiendes.
44 EN op dié dag is manne aangestel oor die kamers vir die voorrade, die offergawes, die eerstelinge en die tiendes, om daarin die wetlike aandele volgens die landerye van die stede vir die priesters en die Leviete te versamel; want Juda was bly oor die priesters en die Leviete wat in die diens gestaan het.
45En hulle het die ordening van hulle God en die reinigingsordening onderhou; ook die sangers en die poortwagters, volgens die bevel van Dawid en sy seun Salomo.
46Want in die dae van Dawid en Asaf, van die voortyd af, lê die oorsprong van die sangers en leiers van die lofsang en die danksegging aan God.
47En die hele Israel het in die dae van Serubbábel en in die dae van Nehemía die aandele van die sangers en van die poortwagters gegee, na die eis van elke dag; en hulle het die heilige gawes afgegee aan die Leviete, en die Leviete aan die seuns van Aäron.

Tans Gekies:

NEHEMÍA 12: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid