RIGTERS 5:1-5, 18-22, 31

RIGTERS 5:1-5 AFR53

OP dié dag het Debóra en Barak, die seun van Abinóam, gesing en gesê: Omdat aanvoerders aangevoer het in Israel, omdat die volk hom gewillig getoon het — prys die HERE! Hoor, o konings! Luister, o vorste! Ek, tot eer van die HERE wil ek sing, tot eer van die HERE, die God van Israel, wil ek psalmsing. HERE, toe U uitgetrek het uit Seïr, toe U voortgestap het uit die veld van Edom, het die aarde gebeef, ook het die hemel gedrup, ook het die wolke water gedrup. Berge het gewankel voor die aangesig van die HERE uit, hierdie Sinai voor die aangesig van die HERE, die God van Israel.

RIGTERS 5:18-22 AFR53

Sébulon is 'n volk wat sy siel gering ag tot die dood toe; ook Náftali op die hoogvlaktes. Konings het gekom, geveg; toe het die konings van Kanaän geveg by Táänag, by die waters van Megíddo — geen stuk silwer het hulle geneem nie. Uit die hemel het die sterre geveg, uit hulle bane het hulle teen Sísera geveg; die spruit Kison het hulle afgedrywe, die spruit van ontmoeting, die spruit Kison! Tree op, my siel, met mag! Toe het die perdepote geklap van die gejaag, die gejaag van hulle geweldiges.

RIGTERS 5:31 AFR53

So moet al u vyande, HERE, omkom! Maar die wat Hom liefhet, is soos die opgang van die son in sy krag. En die land het veertig jaar lank gerus.

Gratis leesplanne en oordenkings oor RIGTERS 5:1-5, 18-22, 31

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid