Matteus 10:19-25

Matteus 10:19-25 CAB23

Maar wanneer hulle julle oorgee, moenie dink hoe of wat julle moet spreek nie, want in daardie selfde uur sal julle gegee word wat julle sal spreek. Want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek. En die broer moet die broer aan die dood oorgee en die vader die kind; en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak. En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam; maar hy wat volhard tot die einde toe, sal gered word. Maar wanneer hulle julle in hierdie stad vervolg, vlug na 'n ander; want voorwaar Ek sê vir julle, julle sal nie deur die stede van Israel getrek het voordat die Seun van die mens gekom het nie. Die dissipel is nie bo sy heer nie, ook nie die dienskneg bo sy heer nie. Dit is genoeg vir die dissipel dat hy soos sy heer is en die dienskneg as sy heer. As hulle die eienaar van die huis Beëlsebul genoem het, hoeveel te meer sal hulle hulle van sy huisgesin noem?

Gratis leesplanne en oordenkings oor Matteus 10:19-25

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid