Genesis Genesis 4

Genesis 4
Kain en Abel
1En Adam het sy vrou Eva geken; en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het 'n man van die HERE gekry.
2Sy het weer sy broer Abel gebaar. En Abel was 'n veewagter, maar Kain was 'n landbouer van die grond.
3En met verloop van tyd het Kain van die vrugte van die grond 'n offer aan die HERE gebring.
4En Abel, hy het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee en van die vet daarvan gebring. En die HERE het ag geslaan op Abel en sy offer.
5Maar vir Kain en sy offer het hy geen agting gehad nie. Kain was baie kwaad, en sy aangesig het geval.
6Toe sê die HERE vir Kain: Waarom is jy toornig? en waarom het jou aangesig geval?
7As jy goed doen, sal jy nie aanvaar word nie? en as jy nie goed doen nie, lê die sonde voor die deur. En na jou sal sy begeerte wees, en jy sal oor hom heers.
8Kain het met sy broer Abel gepraat, en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom gedood.
9Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy sê: Ek weet nie: Is ek my broer se wagter?
10En hy sê: Wat het jy gedoen? die stem van die bloed van jou broer roep na My van die grond af.
11En nou is jy vervloek van die aarde af wat haar mond oopgemaak het om jou broer se bloed uit jou hand te ontvang;
12Wanneer jy die grond bewerk, sal dit nie voortaan aan jou sy krag gee nie; 'n vlugteling en 'n swerwer sal jy op die aarde wees.
13Toe sê Kain vir die HERE: My straf is groter as wat ek kan dra.
14Kyk, U het my vandag van die aarde af verdryf; en vir U aangesig sal ek verborge wees; en ek sal 'n vlugteling en 'n swerwer op die aarde wees; en elkeen wat my kry, sal my doodmaak.
15Toe sê die HERE vir hom: Daarom sal elkeen wat Kain doodmaak, sewevoudig op hom gewreek word. En die HERE het 'n merk op Kain gemaak, dat niemand wat hom vind, hom sou doodmaak nie.
16En Kain het weggegaan van die aangesig van die HERE en gaan woon in die land Nod, oos van Eden.
17En Kain het sy vrou geken; en sy het swanger geword en Henog gebaar; en hy het 'n stad gebou en die stad na die naam van sy seun Henog genoem.
18En vir Henog is Irad gebore, en Irad was die vader van Mehujael, en Mehujael was die vader van Metúsael, en Metúsael was die vader van Lameg.
19Lameg het vir hom twee vroue geneem: die naam van die een was Ada en die naam van die ander Silla.
20Ada het Jabal gebaar; hy was die vader van die wat in tente woon en van die wat vee het.
21En die naam van sy broer was Jubal; hy was die vader van almal wat die siter en die orrel hanteer.
22Silla, het ook Tubalkain gebaar, 'n opvoeder van elke kunstenaar in koper en yster; en die suster van Tubalkain was Naäma.
23Toe sê Lameg aan sy vroue: Ada en Silla, Hoor my stem! Vroue van Lameg, luister na my woord, want ek het 'n man tot my wond gedood en 'n jongman tot my leed.
24As Kain sewevoudig gewreek sal word, waarlik Lameg sewe-en-sewentigvoudig.
25Adam het sy vrou weer geken; en sy het 'n seun gebaar en hom Set genoem. Want God, het sy gesê, het vir my 'n ander nageslag aangestel in die plek van Abel wat Kain gedood het.
26Vir Set is ook 'n seun gebore; en hy het hom Enos genoem; toe het die mense die Naam van die HERE begin aanroep.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid