2 Kronieke 2 Kronieke 3

2 Kronieke 3
Die bou van die tempel Jerusalem op die berg Moría
1Toe het Salomo begin om die huis van die HERE te bou in Jerusalem op die berg Moría, waar die HERE aan sy vader Dawid verskyn het, op die plek wat Dawid gereed gemaak het op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet.
2En hy het begin bou op die tweede dag van die tweede maand, in die vierde jaar van sy regering.
3En dit is die dinge waarin Salomo onderrig is vir die bou van die huis van God. Die lengte vir el volgens die eerste maat was sestig el, en die breedte twintig el.
4En die voorportaal wat aan die voorkant van die huis was, sy lengte was volgens die breedte van die huis, twintig el, en die hoogte was honderd-en-twintig; en hy het dit van binne met suiwer goud oorgetrek.
5En die groter huis het hy gesmeer met sipres, wat hy met fyn goud oorgetrek het en palmbome en kettings daarop aangebring het.
6En hy het die huis versier met edelgesteentes vir prag, en die goud was goud van Parvaim.
7Hy het ook die huis, die balke, die deurposte en sy mure en sy deure met goud oorgetrek; en gérubs op die mure gegraveer.
8En hy het die Allerheiligste huis gemaak, waarvan die lengte was volgens die breedte van die huis, twintig el, en sy breedte twintig el; en hy het dit met fyn goud oorgetrek, van seshonderd talente.
9En die gewig van die spykers was vyftig sikkels goud. En hy het die bo-kamers met goud oorgetrek.
10En in die Allerheiligste Huis het hy twee gérubs van beeldwerk gemaak en dit met goud oorgetrek.
11En die vlerke van die gérubs was twintig el lank: die een vlerk van die een gérub was vyf el, en het tot by die muur van die huis gegaan; en die ander vlerk was eweneens vyf el, tot by die vlerk van die ander gérub.
12En die een vlerk van die ander gérub was vyf el en het tot by die muur van die huis gegaan; en die ander vlerk was ook vyf el, wat aansluit by die vlerk van die ander gérub.
13Die vlerke van hierdie gérubs het twintig el uitgesprei, en hulle het op hulle voete gestaan, en hulle gesigte was na binne.
14En hy het die voorhangsel van pers en purperrooi en bloedrooi en fyn linne gemaak en gérubs daarop gemaak.
15Hy het ook voor die huis twee pilare gemaak van vyf en dertig el hoog, en die kapiteel wat bo-op elkeen van hulle was, was vyf el.
16En hy het kettings gemaak soos in die binneste vertrek en dit aan die koppe van die pilare gesit; en honderd granate gemaak en dit aan die kettings gesit.
17En hy het die pilare voor die tempel opgerig, een aan die regter- en een aan die linkerkant; en die naam van dié aan die regterkant Jagin genoem, en die naam van dié aan die linkerkant Boas.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid