Openbaring 4

4
Troon van God in die hemel
1Hierna het ek gesien, en kyk, 'n deur wat in die hemel geopen is, en die stem wat ek voorheen so hard soos 'n basuin met my hoor praat het, het gesê: “Kom op hierheen, en Ek sal aan jou wys wat hierna moet gebeur. ” 2Onmiddellik het die Gees van my besit geneem, en kyk, daar was 'n troon in die hemel, en Iemand wat op die troon sit. 3 Die Een wat daarop sit, se voorkoms was soos •jaspis en •karneool, en rondom die troon was daar 'n reënboog wat net soos •smarag lyk.
4Rondom die troon was daar vier-en-twintig trone, en op die trone het vier-en-twintig ouderlinge gesit. Hulle het wit klere gedra, met goue krone op hulle koppe. 5Vanuit die troon het daar weerligstrale, dreunings en donderslae gekom. En voor die troon het sewe vuurfakkels gebrand – die sewe Geeste van God. 6Voor die troon lyk dit soos 'n see van glas, net soos kristal.
In die middel van die troon en rondom die troon staan daar vier lewende wesens, vol oë aan die voorkant en agterkant. 7Die eerste lewende wese lyk net soos 'n leeu; die tweede lewende wese net soos 'n kalf; die derde lewende wese het 'n gesig net soos 'n mens, en die vierde lewende wese lyk net soos 'n arend wat vlieg. 8Die vier lewende wesens het elkeen ses vlerke, wat reg rondom en aan die binnekant vol oë is. Sonder om te rus, herhaal hulle dag en nag:
“Heilig, heilig, heilig
is die Here God, die Almagtige,
Hy wat was en wat is en wat kom. ”
9En telkens wanneer die lewende wesens heerlikheid en eer en dank bring aan Hom wat op die troon sit, aan Hom wat vir ewig en ewig leef, 10val die vier-en-twintig ouderlinge in aanbidding neer voor Hom wat op die troon sit. Hulle aanbid Hom wat vir ewig en ewig leef, en sit dan hulle krone voor die troon neer, terwyl hulle sê:
11“U is waardig, ons Here en God,
om die heerlikheid en die eer en die krag te ontvang,
omdat U alle dinge geskep het;
deur u wil het alles ontstaan,
is dit geskep.”

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid