Lukas 4:31-36

Lukas 4:31-36 AFR20

Hierna het Hy na Kapernaum afgegaan, 'n stad in Galilea, waar Hy die mense gereeld op die Sabbatdag onderrig het. Hulle was verbaas oor sy lering, omdat Hy met gesag gepraat het. In die •sinagoge was daar 'n man in wie daar die gees van 'n •onrein demoon was. Hy het kliphard geskreeu: “Ag, los ons uit, Jesus van Nasaret! Het U gekom om ons te vernietig? Ek weet wie U is – U is die •Heilige van God! ” Maar Jesus het hom skerp aangespreek: “Bly stil en gaan uit hom uit!” En die demoon het die man tussen hulle op die grond laat neerslaan en uit hom uitgegaan sonder om hom te beseer. Almal was baie verbaas en hulle het vir mekaar gesê: “Wat is besonders omtrent hierdie man se woorde, dat Hy die onrein geeste met soveel gesag en mag gebied, en hulle dan die mense verlaat?”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Lukas 4:31-36

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid