Handelinge 15:36-41

Handelinge 15:36-41 AFR20

'n Paar dae later het Paulus aan Barnabas gesê: “Kom ons gaan terug en besoek die broers in elke dorp waar ons die woord van die Here verkondig het, en gaan kyk hoe dit met hulle gaan.” Barnabas wou ook Johannes, bekend as Markus, saamneem, maar Paulus het nie gedink dat dit reg is om die man saam te neem wat hulle by Pamfilië in die steek gelaat en hulle nie vir die werk vergesel het nie. Daar het toe so 'n skerp meningsverskil tussen hulle ontstaan dat hulle uitmekaar gegaan het. Barnabas het vir Markus saamgeneem en na Ciprus gevaar. Paulus het vir Silas gekies en het vertrek, nadat hulle deur die broers aan die genade van die Here opgedra is. Hy het deur Sirië en Silisië gereis en die gemeentes daar versterk.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Handelinge 15:36-41

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid