Psalms 103

103
Ek wil die Here prys
1Van Dawid.
Ek wil die Here prys,
ek wil sy heilige Naam prys
met my hele hart.
2Ek wil die Here prys,
ek wil nie een ding vergeet
wat Hy gedoen het nie.
3Dit is Hý wat al my sondes vergewe
en wat my gesond maak van al my siektes.
4Dit is Hý wat my lewe red van die graf
en wat altyd vir my doen wat Hy belowe.
Dit is Hý wat goed is vir my wanneer ek swaarkry.
5Dit is Hý wat baie goeie dinge vir my gee,
sodat ek elke dag so jonk voel soos 'n arend.
6Die Here doen reg aan mense,
Hy oordeel reg oor die mense wat swaarkry.
7Hy het vir Moses gesê wat Hy wil hê,
Hy het vir die Israeliete gesê wat Hy gedoen het.
8Die Here is goed vir mense wat swaarkry,
Hy is genadig en geduldig,
Hy doen altyd wat Hy belowe het.
9Hy sal ons nie altyd beskuldig nie
en nie altyd kwaad bly nie.
10Hy straf ons oor ons sonde,
maar Hy straf ons nie so swaar soos Hy móét nie.
11Ja, soos die hemel baie hoog is bo die aarde,
so doen die Here baie vir die mense wat Hom dien,
Hy doen altyd wat Hy belowe het.
12So ver soos die ooste van die weste is,
so ver neem Hy ons sonde weg van ons.
13Soos 'n pa jammer is vir sy kinders,
so is die Here ook jammer vir die mense wat Hom dien,
14want Hy ken ons, Hy weet dat ons stof is.
15Die mens se lewe is soos die lewe van 'n plant,
hy groei soos 'n veldblom,
16en wanneer die wind daaroor gewaai het,
dan is die blom weg,
niemand weet waar hy gegroei het nie.
17Maar die Here hou aan
om te doen wat Hy belowe het,
Hy hou aan om reg te doen
aan die mense wat Hom dien,
en aan hulle kinders en kleinkinders.
18Hy doen reg aan almal wat gehoorsaam is
aan sy verbond
en wat doen wat Hy sê.
19Die Here het sy troon in die hemel gesit,
Hy is Koning van alles en almal.
20 Engele van die Here, julle moet die Here prys,
julle wat sterk is en wat doen wat die Here sê.
21Al die sterre van die Here moet Hom prys,
almal wat vir Hom werk en wat doen wat Hy wil hê.
22Alles en almal wat die Here gemaak het,
moet die Here prys
op al die plekke waar Hy Koning is.
En ek wil ook die Here prys.

Tans Gekies:

Psalms 103: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid