Spreuke 10

10
Mense wat reg lewe en mense wat verkeerd doen
1 Spreuke van Salomo.
'n Pa en 'n ma is bly as hulle kinders
wysheid het,
maar hulle is hartseer as hulle kinders dwase is.
2As 'n mens verkeerd lewe, dan help dit niks
dat hy baie goed gekry het nie.
As hy reg lewe, dan sal dit hom red
van die dood.
3As 'n mens reg lewe,
dan laat die Here hom nie honger kry nie,
maar vir die mense wat verkeerd doen,
gee Hy nie die dinge wat hulle wil hê nie.
4Hande wat lui is, laat mense arm word,
maar hande wat hard werk, maak mense ryk.
5'n Kind wat in die somer die koring-oes
bymekaarmaak, is verstandig.
'n Kind wat slaap wanneer hy die koring
moet afsny, sal niks hê nie.
6Mense seën 'n persoon wat reg lewe,
maar wanneer die mens wat verkeerd doen,
praat, dan probeer hy om ander mense
seer te maak.
7Mense onthou 'n persoon wat reg gelewe het,
maar niemand wil dink aan mense
wat verkeerd gedoen het nie.
8'n Verstandige mens doen wat ander mense
vir hom sê om te doen,
maar 'n dwaas hou aan om te praat totdat hy sterf.
9'n Mens wat eerlik lewe, is veilig,
maar wanneer iemand skelm is,
dan sal ander mense dit uitvind.
10'n Mens wat altyd ander mense wil bedrieg,
laat hulle seerkry.
'n Dwaas hou aan om te praat totdat hy sterf.
11Wanneer die mens wat reg lewe, praat,
dan laat hy ander mense lewe,
maar wanneer die mens wat verkeerd doen, praat,
dan maak hy ander mense seer.
12Haat laat mense twis met mekaar,
maar liefde praat nie oor die dinge
wat vir ander mense pla nie.
13Wanneer 'n verstandige mens sy mond oopmaak,
dan kom daar wysheid uit,
maar die persoon wat nog baie moet leer, kry straf.
14 Wyse mense weet baie,
maar wanneer 'n dwaas sy mond oopmaak,
dan gaan dit gou sleg.
15Die rykdom van 'n ryk mens is soos 'n sterk stad,
maar dit gaan sleg met arm mense
omdat hulle arm is.
16Die beloning van 'n mens wat reg doen,
is die lewe self,
alles wat die mens doen wat verkeerd lewe,
is sonde.
17'n Mens wat onthou wat hy geleer het,
loop op die pad van lewe,
'n mens wat nie doen wat hy moet doen nie,
weet nie waarnatoe hy gaan nie.
18'n Mens wat ander mense haat,
is vals wanneer hy praat,
dit is 'n dwaas wat skinder oor ander mense.
19Die mens wat baie praat,
sê maklik verkeerde dinge,
die mens wat versigtig is en dink
voordat hy praat, is verstandig.
20Die woorde van 'n mens wat reg lewe,
is soos die beste silwer,
die dinge wat mense dink wat verkeerd doen,
beteken niks.
21Wanneer 'n mens wat reg lewe, praat,
dan is hy soos 'n herder vir baie mense.
Dwase sterf omdat hulle onverstandig is.
22Dit is die seën van die Here
wat mense ryk maak,
en Hy laat mense nie méér swaarkry
omdat hulle ryk is nie.
23Dit is vir 'n dwaas lekker om slegte dinge te doen,
vir 'n verstandige mens is dit lekker om wysheid te hê.
24Die mens wat verkeerd doen,
kry die dinge waarvoor hy bang is.
Die Here gee vir die mense wat reg lewe,
alles wat hulle wil hê.
25Wanneer daar 'n stormwind kom,
dan waai dit die mense weg wat verkeerd doen.
Mense wat reg lewe, staan altyd vas.
26Jy moenie 'n lui mens stuur om iets te doen nie,
hy is soos asyn vir jou tande,
soos rook vir jou oë.
27As iemand die Here respekteer en Hom dien,
dan sal daardie persoon lank lewe.
Mense wat verkeerd doen, se lewe is kort.
28Mense wat reg lewe, sal gelukkig wees,
mense wat verkeerd doen,
kan nie hoop dat dit later goed sal gaan nie.
29Mense wat aanhou lewe soos die Here wil hê,
is veilig,
mense wat slegte dinge doen, sal sterf.
30Die mens wat reg lewe,
sal altyd vas staan en veilig wees.
Mense wat verkeerd doen,
sal nie altyd in die land woon nie.
31Wanneer 'n mens wat reg doen, praat,
dan sê hy dinge wat wysheid is.
'n Mens wat altyd ander mense bedrieg,
sal moet stilbly.
32'n Mens wat reg lewe,
weet wat die regte ding is om te sê,
mense wat verkeerd doen,
wil altyd ander mense bedrieg.

Tans Gekies:

Spreuke 10: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid