Matteus 28:18-20

Matteus 28:18-20 ABA

Jesus het na hulle toe gekom en vir hulle gesê: “God het gesê Ek moet regeer oor alles in die hemel en op die aarde. Daarom moet julle gaan en julle moet die mense van al die volke my dissipels maak. Julle moet hulle doop in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Julle moet vir hulle leer om gehoorsaam te wees aan alles wat Ek vir julle gesê het. En onthou: Ek is altyd by julle, tot die einde van die wêreld.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid