Lukas 4:31-36

Lukas 4:31-36 ABA

Jesus het toe na Kapernaum, 'n stad in Galilea, gegaan. Daar het Hy elke Sabbatdag vir die mense geleer. Die mense was baie verbaas oor die dinge wat Hy vir hulle geleer het, want hulle het besef dat wat Hy gesê het, van God gekom het. In die sinagoge was daar 'n man, daar was 'n onrein gees in die man. Die gees het hard geskree en gesê: “Jesus van Nasaret, wat wil U met ons doen? Het U gekom om ons dood te maak? Ek weet wie U is. U is die Heilige wat van God kom.” Jesus het met die gees geraas en gesê: “Bly stil en gaan uit die man uit!” Almal het gesien die duiwel gooi die man op die grond. Toe het hy uit die man gegaan, hy het die man nie seergemaak nie. Al die mense was baie verbaas en hulle het vir mekaar gesê: “Die woorde wat hierdie man sê, kom van God. Hy sê vir die onrein geeste om uit te gaan, en dan gaan hulle uit.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Lukas 4:31-36

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid