Rigters 5:1-5, 18-22, 31

Rigters 5:1-5 ABA

Daardie dag het Debora en Barak seun van Abinoam hierdie lied gesing: “Manne in die land Israel het gereedgemaak vir die oorlog. Niemand het gesê dat hulle moet kom nie, hulle het self gekom. Prys die Here. Konings en almal wat belangrik is, julle moet luister. Ek wil vir die Here sing, ek wil musiek maak vir die Here, die God van Israel. Here, die aarde het geskud, en daar het water gedrup uit die wolke in die lug toe U uit die land Seïr gekom het, toe U gekom het uit die veld van Edom. Ja, die berge het gebewe voor die Here wat van Sinai-berg kom, die berge het gebewe voor die God van Israel.

Rigters 5:18-22 ABA

Maar die mense van Sebulon en Naftali was nie bang nie. Hulle het kom wagstaan op die berge van die land. Konings het kom oorlog maak, die konings van Kanaän het oorlog gemaak in Taänak by die Megiddo-water, maar hulle het nie die Israeliete oorwin en hulle silwer gevat nie. Die sterre het van bo in die lug oorlog gemaak, hulle het op hulle pad gebly en oorlog gemaak teen Sisera. Die Kison-rivier het Sisera se mense weggespoel, die Kison-rivier wat baie oud is. Maar ek kon verder gaan, ek was sterk. Die perdepote het geraas op die grond, Sisera se soldate het gevlug op hulle perde.

Rigters 5:31 ABA

“Here, ek bid dat dit met al u vyande sal gaan soos met Sisera, en dat almal wat lief is vir U, sal wees soos die son wat helder skyn.” Daar was 40 jaar lank vrede in die land.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Rigters 5:1-5, 18-22, 31

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid