Jakobus 2:15-17

Jakobus 2:15-17 ABA

'n Ander gelowige het miskien nie klere nie en hy het nie elke dag genoeg kos om te eet nie, en een van julle sê miskien vir so 'n persoon: “Ek hoop dit gaan goed met jou, jy moet warm klere aantrek en genoeg eet.” Maar as julle nie vir daardie persoon gee wat hy nodig het nie, dan moet julle weet dat dit niks help nie. So gaan dit ook met mense wat sê dat hulle in God glo, maar hulle doen nie wat Hy wil hê nie. Om so te glo, beteken niks, daardie geloof is dood.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid