Hebreërs 12:1-3

Hebreërs 12:1-3 ABA

Ons het 'n groot klomp getuies rondom ons, en daarom moet ons alles los wat ons kan keer om te doen wat ons moet doen, ja, ons moet ook die sonde los wat so maklik vir ons kan vashou. Daarom moet ons ook aanhou om te glo soos iemand wat aanhou om in 'n resies te hardloop wat hy moet klaarmaak. Ons moet dit doen terwyl ons aanhou om te kyk na Jesus, want dit is Hý wat ons van die begin af laat glo het en dit is Hý wat ons tot die einde laat glo. Jesus het geweet dat Hy later weer bly sou wees, en daarom het Hy gedink die skande van die kruis maak nie saak nie. Hy het aangehou om swaar te kry totdat Hy aan die kruis gesterf het. Daarom sit Hy nou op die belangrikste plek by die troon van God. Julle moet goed onthou dat Jesus geduldig was toe die sondaars slegte dinge teen Hom gesê en gedoen het. Julle moet aan Jesus dink sodat julle nie moeg en moedeloos word nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid