Eksodus 6

6
1God het met Moses gepraat en vir hom gesê: “Ek is die Here. 2Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn en Ek het vir hulle gesê Ek is God die Almagtige. Ek het nie vir hulle gesê my Naam is ‘die Here’ nie. 3Ek het 'n verbond gemaak met hulle en Ek het belowe om die land Kanaän vir hulle te gee, die land waar hulle vreemdelinge was. 4Ek het ook gehoor hoe die Israeliete kla omdat die Egiptenaars hulle soos slawe laat werk. En toe het Ek gedink aan my verbond met hulle. 5Daarom moet jy vir die Israeliete sê dat Ek sê: ‘Ek is die Here, en Ek sal julle help. Julle sal nie meer die Egiptenaars se slawe wees en so hard werk nie. Ek sal die Egiptenaars swaar straf, en vir julle sal Ek vrymaak. 6Ek sal julle vir My neem. Julle sal my volk wees, en Ek sal vir julle 'n God wees. Dan sal julle weet dat Ek, die Here, julle God is wat julle vrygemaak het van die swaar werk in Egipte. 7Ek het vir Abraham, Isak en Jakob belowe dat Ek vir hulle 'n land sal gee. Ek sal julle na daardie land neem en Ek sal dit vir julle gee. Dit sal julle land wees. Ek is die Here.’ ”
8Moses het dit alles vir die Israeliete gaan sê, maar hulle het nie na Moses geluister nie, want hulle was moedeloos oor die swaar werk wat hulle moes doen. 9Die Here het met Moses gepraat en gesê: 10“Gaan praat met die farao, die koning van Egipte. Sê vir hom hy moet die Israeliete laat gaan uit sy land.”
11Maar Moses het vir die Here gesê: “Die Israeliete luister nie na my nie, die farao sal ook nie na my luister nie. Ek praat baie moeilik.”
12Maar die Here het met Moses en Aäron gepraat en Hy het hulle na die Israeliete toe gestuur, en na die farao toe, die koning van Egipte. Die Here het vir Moses en Aäron gesê hulle moet die Israeliete uit Egipte bring.
Die name van die families
13Hier is die name van die leiers van die families. Jakob se oudste seun was Ruben. Ruben se seuns was Ganok, Pallu, Gesron en Karmi. Dit was die Ruben-familie.
14Simeon se seuns was Jemuel, Jamin, Ohad, Jakin en Saul. Saul was die seun van 'n Kanaänitiese vrou. Dit was die Simeon-familie.
15Die name van Levi se seuns was Gerson, Kehat en Merari. Levi het 137 jaar oud geword. 16Gerson se seuns was Libni en Simi. 17Kehat se seuns was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël. Kehat het 133 jaar oud geword. 18Merari se seuns was Magli en Musi. Dit was Levi se nageslag. 19Amram het getrou met Jogebed, sy tante, en hulle het twee seuns gehad: Aäron en Moses. Amram het 137 jaar oud geword. 20Jishar se seuns was Korag, Nefeg en Sikri. 21Ussiël se seuns was Misael, Elsafan en Sitri. 22Aäron het getrou met Eliseba. Sy was Amminadab se dogter en Nagson se suster. Aäron en Eliseba het vier seuns gehad: Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar. 23Korag se seuns was Assir, Elkana en Abinadab. Dit was Korag se nageslag. 24Aäron se seun Eleasar het getrou met 'n dogter van Putiël, en hulle het 'n seun gehad. Sy naam was Pinehas. Dit was die familiehoofde van die Leviete. 25Hulle was Aäron en Moses se familie. Die Here het vir Aäron en Moses geroep en gesê hulle moet al die stamme van Israel uit Egipte bring. 26Hulle het met die farao, die koning van Egipte, gaan praat. Hulle het vir hom gevra om die Israeliete uit Egipte te laat gaan.
Aäron moet vir Moses help
27Toe die Here in Egipte met Moses gepraat het, 28het Hy vir Moses gesê: “Ek is die Here. Sê vir die farao, die koning van Egipte, wat Ek alles vir jou gesê het.”
29Maar Moses het vir die Here gesê: “Ek praat moeilik. Die farao sal nie na my luister nie.”

Tans Gekies:

Eksodus 6: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid