Ester 10

10
1Koning Ahasveros het die mense in die land en op die eilande vir hom laat werk. 2Al die groot en belangrike dinge wat hy gedoen het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Medië en Persië. Die verhaal van die belangrike werk wat die koning vir Mordegai gegee het, is ook in die dagboeke geskryf. 3Want die Judeër Mordegai was die tweede belangrikste persoon ná koning Ahasveros. Die Judeërs het hom gerespekteer, en amper al sy mense was lief vir hom. Mordegai het hard gewerk vir sy volk en hy het gebid en gevra dat dit goed moet gaan met sy hele nageslag.

Tans Gekies:

Ester 10: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid