2 Timoteus 3:10-17

2 Timoteus 3:10-17 ABA

Maar jy het begin om te doen wat ek doen, want jy leer vir die mense en jy lewe soos ek, jy maak dieselfde planne wat ek maak, jy glo soos ek, jy is geduldig, jy is lief vir mense en jy hou aan om te doen wat jy moet doen. Jy doen dit ook wanneer mense jou verdruk en jou laat swaarkry. Dieselfde het met my gebeur in die stede Antiogië, Ikonium en Listra. Ek het op baie maniere swaargekry, en die Here het my uit al my probleme gered. Al die mense wat aan Christus Jesus behoort en wat wil lewe soos God wil hê, sal swaarkry, en mense wat sleg is en wat ander mense bedrieg, sal nog slegter word. Hulle sal ander mense verlei, en ander mense sal húlle verlei. Maar jy, Timoteus, jy moet aanhou om die dinge te glo wat jy geleer het, dinge wat jy weet is waar, want jy weet wie dit vir jou geleer het. Jy ken die Ou Testament vandat jy 'n kind was en jy het daaruit geleer dat die Here 'n mens red as hy in Christus Jesus glo. Die hele Ou Testament kom van God, en 'n mens kan dit gebruik om vir mense te leer, om hulle te waarsku, om vir hulle te sê dat hulle verkeerd doen en dat hulle reg moet lewe. As jy dit doen, dan sal iemand wat aan God behoort, baie goed weet om elke goeie ding te kan doen.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 Timoteus 3:10-17

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid