OPENBARING 7:9-10

OPENBARING 7:9-10 NLV

Hierna het ek gekyk, en werklikwaar – daar was ’n reuse skare mense wat niemand eers kon tel nie. Hulle het gekom uit elke nasie, stam, volk en taalgroep, en het voor die troon en voor die Lam gaan staan. Hulle het wit klere aangehad, met palmtakke in hulle hande. Met ’n kragtige stem het hulle uitgeroep: “Ons verlossing is te danke aan God wat op die troon sit en aan die Lam!”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid