PSALMS 87

87
In Sion is die bron van seën
1Van die Koragiete. ’n Psalm. ’n Lied.
Sy fondament is gevestig
op die heilige berg.
2Die Here
het die poorte van Sion lief,
meer as enige ander woonplek
in Jakob.
3Wonderlike dinge
word van jou gesê,
stad van God!
Sela
4Ek sal Egipte#87:4 Grondteks Rahab, ’n mitiese seemonster wat chaos uitbeeld; dui op Egipte. en Babel noem
onder dié wat My ken;
ook Filistea en Tirus en ook Kus –
almal het kinders van Sion
geword!
5Dit sal van Sion gesê word:
“Dié een en dáárdie een
is hier gebore.
Die Allerhoogste
hou dit in stand.”
6Wanneer die Here die volke
opskryf,
sal Hy sê:
“Dié een is hier gebore.”
Sela
7Hulle sing en bespeel die fluite:
“Die bron van my seëninge
is in Sion!”

Tans Gekies:

PSALMS 87: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid