PSALMS 3

3
God is my redding
1’n Dawidspsalm toe hy voor sy seun Absalom gevlug het.
2O Here,
ek het so baie vyande;
so baie kom teen my in opstand.
3So baie sê:
“God sal hom nooit red nie!”
Sela # 3:3 (soos ook elders) Die presiese betekenis is onduidelik. Dit is dalk musikale aanduidings, soos “sing harder” of “instrumente moet harder speel”.
4Maar U, Here,
is ’n skild rondom my.
U herstel my eer,
U lig my kop weer op.
5Ek het tot die Here geroep.
Vanaf sy heilige berg
het Hy my geantwoord.
Sela
6Ek het gaan lê en slaap
en weer wakker geword,
want die Here
het oor my waggehou.
7Ek is nie bang
vir tienduisende mense
wat my van alle kante
bedreig nie.
Sela
8Staan op, Here!
Bevry my tog, my God!
U het al my vyande
op die kakebeen geslaan,
die tande van die goddeloses
het U gebreek!
9Verlossing kom van U, Here.
Mag u seëninge
op u volk rus.
Sela

Tans Gekies:

PSALMS 3: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid