PSALMS 138

138
U sal u doel met my bereik
1Van Dawid.
Ek loof U met my hele hart,
Here.
Voor die gode sing ek u lof
2wanneer ek buig
na u heilige tempel.
Ek wil u Naam loof
op grond van u liefde en trou,
want U het u Naam en u woord
bo alle dinge verheerlik.
3Wanneer ek roep,
antwoord U my;
U bemoedig my en gee my krag.
4 Here,
al die konings van die aarde
sal U dank
wanneer hulle u woorde hoor.
5Hulle sal sing van die werke
van die Here,
want groot is die heerlikheid
van die Here.
6Al is die Here hoog verhewe,
gee Hy om vir die nederiges,
maar die trotsaards ken Hy
van ver af.
7As ellende op my toesak,
sal U my bewaar
van die woede van my vyande.
U steek u hand uit
en red my deur u krag.
8 Here,
U sal u doel met my bereik,
want u troue liefde, Here,
ken geen einde nie.
Moenie die werke van u hande
laat vaar nie.

Tans Gekies:

PSALMS 138: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid