NUMERI 3

3
Die Leviete aangestel om die priesters te help
1Toe die Here met Moses by Sinaiberg gepraat het, het hy en Aäron reeds ’n nageslag gehad. 2Aäron se seuns was Nadab, die oudste, en ook Abihu, Eleasar en Itamar. 3Hulle is gesalf om priesters te wees. 4Nadab en Abihu is egter dood omdat hulle in die Sinaiwoestyn verkeerde vuur vir die Here geoffer het. Hulle is dood sonder enige nageslag. Eleasar en Itamar was dus die enigste om saam met Aäron die priesterwerk te doen.
5As gevolg hiervan het die Here vir Moses gesê: 6“Roep die stam van Levi op en stel hulle aan om saam met Aäron as priesters te dien. 7Hulle sal Aäron en die gemeenskap in die tabernakel#2:2, 10-11, 18-19, 24, 25-26; 3:7, 8, 23, 25 Of tent van ontmoeting. bystaan en daar bepaalde take verrig. 8Hulle sal na die toerusting van die tabernakel#2:2, 10-11, 18-19, 24, 25-26; 3:7, 8, 23, 25 Of tent van ontmoeting. omsien en namens die Israeliete daar werk. 9Stel nou die Leviete aan as Aäron en sy seuns se helpers. Uit die Israeliete sal hulle hom voltyds bystaan. 10Stel Aäron en sy seuns in beheer van die werk van die priesters. Enigiemand anders wat daar naby kom, sal doodgemaak word.”
11Die Here sê toe verder vir Moses: 12“Ek aanvaar die Leviete uit al die Israeliete as die plaasvervangers vir die seuns wat eerste gebore word. Die Leviete sal aan My behoort. 13Al die seuns wat eerste gebore word, behoort mos aan My. Sedert Ek al die oudste seuns van die Egiptenaars doodgemaak het, het Ek die eerste een wat van mense en diere gebore word in Israel vir Myself opgeëis. Hulle behoort aan My.”
14Die Here sê toe verder vir Moses daar in die woestyn: 15“Tel die Leviete volgens hulle familiename en stamgroepe. Tel al die manlike persone van ’n maand en ouer.” 16Hy het gemaak soos die Here vir hom gesê het en hulle getel.
17Levi het drie seuns gehad: Gerson, Kehat en Merari.
18Die afstammelinge van Gerson was Libni en Simi.
19Die Kehatgroep se nageslag was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël.
20Merari se mense was Magli en Musi. Dit was al Levi se afstammelinge.
21Die Gersoniete het bestaan uit die familiegroepe van Libni en Simi. 22Hulle manspersone ouer as ’n maand wat getel is, was altesaam 7 500. 23Hierdie groep het aan die westekant van die tabernakel#2:2, 10-11, 18-19, 24, 25-26; 3:7, 8, 23, 25 Of tent van ontmoeting. gebly. 24Eljasaf seun van Lael was hulle leier. 25Die Gersoniete se werk was om by die tabernakel#2:2, 10-11, 18-19, 24, 25-26; 3:7, 8, 23, 25 Of tent van ontmoeting. te sorg vir die seile wat bo-oor die tent kom, die afskorting by die ingang van die tent, 26die afskorting rondom die binnehof en die gordyn by die ingang van die binnehof, die tenttoue en die onderhoud daarvan.
27Die Kehatgroep het bestaan uit Amram, Jishar, Hebron en Ussiël. 28Hulle manspersone bo ’n maand oud was altesaam 8 600. Hulle moes na die heiligdom omsien. 29Hierdie groep het aan die suidekant van die tabernakel#3:29, 35, 38; 4:3 Of tent van ontmoeting. gebly. 30Elisafan, die seun van Ussiël, was hulle leier. 31Hulle moes omsien na die ark, die tafel, die kandelaar, die altare, die gereedskap wat in die heiligdom gebruik is, die voorhangsel en al die werk wat daar gedoen is.
32Aäron se seun, die priester Eleasar, was aan die hoof van al die Leviete wat die heiligdom moes versorg.
33Merari se nageslag was Magli en Musi. 34Hulle manlike persone bo ’n maand oud was 6 200. 35Hulle het noord van die tabernakel#3:29, 35, 38; 4:3 Of tent van ontmoeting. gebly. Hulle leier was Suriël, die seun van Abigajil. 36Hulle werk was om te sorg vir die rame waaroor die tent getrek is, die dwarslatte wat dit vasgehou het, die regop pale en hulle voetstukke, al hulle toebehore en die onderhoud wat daaraan gedoen moes word. 37Hulle moes ook sorg vir die pale van die binnehof rondom die tent, hulle voetstukke, hulle ankerpenne en hulle tenttoue.
38Moses, Aäron en sy seuns wat namens die Israeliete by die tabernakel#3:29, 35, 38; 4:3 Of tent van ontmoeting. diens moes doen, het aan die oostekant van die heiligdom gebly, aan die kant waar die son opkom. Hulle moes die heiligdom oppas. Enigiemand anders wat daar gekom het, moes doodgemaak word.
39Al die manlike persone uit Levi wat Moses en Aäron op bevel van die Here getel het, was altesaam 22 000.
Plaasvervangers vir die oudste seuns
40Toe sê die Here vir Moses: “Tel nou al die eersgebore seuns onder die Israeliete wat ouer as ’n maand is. Skryf hulle name op. 41Die Leviete sal vir hulle instaan. Ek is die Here. Die Leviete se vee sal ook instaan vir die eersgebore vee van die Israeliete.”
42Soos die Here vir hom gesê het, het Moses al die oudste seuns in Israel getel. 43Al die oudste seuns wat getel is, was 22 273.
44Toe sê die Here vir Moses: 45“Laat die Leviete instaan vir al die oudste seuns in Israel. Vat ook die Leviete se vee as plaasvervangers vir die vee wat eerste gebore is. Die Leviete behoort aan My. Ek is die Here. 46Daar is 273 meer oudste seuns in Israel as die Leviete. Koop hulle los. 47Vat vyf stukke silwer vir elkeen van hulle. Elke geldstuk moet volgens die standaardgewig van die tempel wees. 48Gee die geld vir Aäron en sy seuns as ’n losprys vir die persone wat te veel is.”
49Moses het toe die geld bymekaargekry om dié wat te veel was, los te koop. 50Die geld wat hy bymekaargekry het, was ongeveer vyftien en ’n half kilogram silwer. 51Soos die Here vir Moses gesê het, het hy gemaak. Hy het die silwer vir Aäron en sy seuns gegee om daarmee die oudste seuns los te koop.

Tans Gekies:

NUMERI 3: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid