KLAAGLIEDERE 2

2
Die Here se woede
1Soos ’n donker wolk
het die Here se woede
oor Jerusalem#2:1a Grondteks oor die dogter van Sion. gekom.
Hy het van bo uit die hemel
die mooi stad van Israel
in die grond gedruk.
Toe Hy kwaad geword het,
het Hy selfs die tempel#2:1b Grondteks die plek waarop sy voete rus.
nie gespaar nie.
2Die Here het sonder genade
elke huis in Israel#2:2a, 3 Grondteks Jakob. vernietig.
In sy woede
het Hy die versterkte mure
van Jerusalem#2:1b Grondteks die plek waarop sy voete rus.
omgestamp.
Hy het hulle koninkryk
met al sy leiers
in die aarde weggetrap.
3Hy het gekook van woede
toe Hy Israel se krag
gebreek het.
Hy het nie ’n hand gelig
om hulle te help
toe hulle vyand
hulle aangeval het nie.
Hy was soos ’n vuur
wat van alle kante af
teen Israel#2:2a, 3 Grondteks Jakob. uitgebreek het.
4Hy het sy boog gespan
teen sy mense
asof hulle sy vyand is.
Hy het sy krag gebruik
om alles te verwoes
wat kosbaar is.
Hy het sy woede
soos vuur laat uitbreek
teen alles wat kosbaar is in
Jerusalem#2:4 Grondteks die tent van die dogter van Sion..
5Die Here het Israel verwoes
asof dit sy vyand is.
Al hulle blyplekke en vestings
het Hy afgebreek.
Baie hartseer en trane
het Hy in Jerusalem#2:5 Grondteks dogter van Juda. gebring.
6Hy het sy tempel afgebreek
asof dit ’n afdak in ’n tuin was.
Die Here het ’n einde gemaak
aan feeste en Sabbatte in Sion.
In sy verontwaardiging
het Hy koning en priester
uit die weg geruim.
7Die Here het sy eie altaar verwerp.
Hy het sy tempel verag.
Hy het die vyand toegelaat
om Jerusalem se vestingmure
af te breek.
Hulle het in die Here se huis
lawaai gemaak
asof hulle daar feesvier.
8Die Here het besluit:
Sion se mure
moet afgebreek word.
Hy het finaal besluit
om dit te verwoes.
Die versterkings en die mure
het saam ineengestort.
9Jerusalem se hekke
lê op die grond.
Die Here het hulle
uit hulle skarniere geruk.
Haar koning en haar leiers
het by vreemde volke beland.
Die wet het verdwyn.
Profete kry nie meer visioene
van die Here af nie.
10Die leiers van Jerusalem#2:10 Grondteks dogter van Sion.
sit stomgeslaan op die grond.
Hulle het begrafnisklere aan
en gooi grond op hulle koppe
soos hulle treur.
Die jongmeisies van Jerusalem
laat uit skaamte
hulle koppe hang.
11My oë is leeg gehuil.
Ek is bitter ontsteld as ek sien
hoe my volk in duie stort.
Kinders en babatjies val flou
en sterf in die stad se strate.
12“Ons is honger,”
sê die kinders vir hulle ma’s.
In die strate sak hulle inmekaar
soos iemand wat gewond is.
Hulle sterf in die arms
van hulle ma’s.
13Met wie kan ek jou vergelyk,
Jerusalem?
Waarmee kan ek jou smarte vergelyk,
Jerusalem#2:13 Grondteks jong dogter van Sion.?
Hoe kan ek jou troos?
Jou hartseer
is dieper as die see.
Wie sal jou ooit weer
heel kan maak?
14Jou profete het vir jou
drogbeelde opgetower.
Hulle het nie jou oortredings
sigbaar gemaak nie.
Dit sou verhoed het dat jy
weggevat word uit jou land.
Hulle het nuttelose dinge gesê
wat jou eerder
op ’n verkeerde spoor gelei het.
15Almal wat by die stad
verbyloop,
slaan hulle hande saam.
Hulle skud hulle kop
en fluit van verbasing
oor Jerusalem.
Hulle spot en sê:
“Is dit die stad wat
die mooiste plek op aarde
genoem is,
die stad wat vreugde
vir die hele wêreld bring?”
16Al jou vyande spot met jou
en fluit deur hulle tande:
“Die dag het gekom
waarvoor ons gewag het
om hierdie stad te vernietig!”
17Dit is die Here
wat dit met jou laat gebeur
wat Hy al lankal besluit het.
Hy het Jerusalem genadeloos
vernietig.
Hy het jou vyand laat lekkerkry
toe hulle jou verslaan het.
18Mure van Jerusalem#2:18 Grondteks dogter van Sion.,
pleit by die Here!
Laat jou trane dag en nag vloei
soos ’n rivier.
Moenie vir ’n oomblik
ophou nie.
19Staan op,
in die middel van die nag#2:19 Grondteks op, wanneer die nagwagte omruil.,
om jou hart soos water
voor die Here uit te stort.
Steek jou hande uit na Hom
om te pleit vir jou kinders
wat op straat
flou word van honger.
20Kyk tog, Here,
wat U maak met ons.
Moet vroue dan die kinders eet
vir wie hulle so lief is?
Moet priesters en profete
dan sterf
in die tempel van die Here?
21Jongmense en oumense
lê dood buite in die straat.
My jong meisies en jong mans
het U genadeloos
doodgemaak in u woede.
22U het oraloor mense geroep
asof hulle na ’n feesdag toe kom.
Die dag toe die Here
sy woede losgelaat het,
was daar niemand
wat ontsnap
en bly leef het nie.
My kinders wat ek grootgemaak het
met sorg,
is deur die vyand doodgemaak.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid