JOB 42

42
Job antwoord die Here
1Job het die Here
geantwoord:
2“Ek weet nou
U kan enigiets doen,
en niemand kan U keer nie.
3U vra:
‘Wie waag dit om in sy onkunde
my wysheid te bevraagteken?’
Dit was ek.
Ek het gepraat oor dinge
sonder begrip,
dinge wat te wonderlik is vir my.
4“U het gesê:
‘Luister, want Ek wil praat!
Ek sal jou vra,
en jy moet My antwoord.’
5Tot nou toe
het ek net met my ore
van U gehoor,
maar nou het ek U
met my eie oë gesien.
6Nou verag ek myself
en het berou in stof en as.”
Gevolgtrekking: Die Here seën Job
7Nadat die Here klaar met Job gepraat het, het Hy vir Elifas die Temaniet gesê: “Ek is kwaad vir jou en jou twee vriende. Julle het nie wat reg is oor My gepraat soos my dienaar Job nie.
8“Daarom, vat nou sewe jong bulle en sewe ramme, gaan na my dienaar Job en bring ’n brandoffer vir julleself. My dienaar Job sal vir julle bid. Ek sal sy gebed vir julle aanvaar. Ek sal julle nie behandel soos julle verdien nie. Julle het nie wat reg is oor My gesê soos my dienaar Job nie.”
9Elifas die Temaniet, Bildad die Suagiet en Sofar die Naämatiet het gedoen wat die Here beveel het, en die Here het Job se gebed verhoor.
10Nadat Job vir sy vriende gebid het, het die Here hom weer voorspoedig gemaak. Trouens, die Here het hom twee keer soveel gegee as wat hy voorheen gehad het. 11Toe het al sy broers en susters en almal wat hom voorheen geken het, gekom en saam met hom in sy huis feesgevier. Hulle het hom getroos en moed ingepraat oor al die rampe wat die Here oor hom gebring het. Hulle het elkeen vir hom ’n stuk silwer en ’n goue ring gegee.
12Die Here het die laaste deel van Job se lewe meer geseën as die eerste. Hy het 14 000 skape, 6 000 kamele, 1 000 spanne osse en 1 000 donkies gekry. 13Hy het ook vir hom sewe seuns en drie dogters gegee. 14Die oudste dogter het hy Jemima genoem, die tweede Kesia en die derde Keren-Puk. 15In die hele land was daar nêrens vroue so mooi soos Job se dogters nie. Hulle pa het hulle saam met hulle broers laat erf.
16Job het nog 140 jaar gelewe. Hy het sy kinders en kleinkinders gesien, tot in die vierde geslag. 17Job het ná ’n vol lewe op ’n hoë ouderdom gesterf.

Tans Gekies:

JOB 42: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid