RIGTERS 5:1-5, 18-22, 31

RIGTERS 5:1-5 NLV

Debora en Barak, die seun van Abinoam, het daardie dag ’n lied gesing: “Prys die HERE! Israel se leiers het opgetree, die volk het hulle kom aanmeld vir oorlog. “Luister, konings, spits julle ore, regeerders! Ek sing vir die HERE, ek prys die HERE, die God van Israel, met my lied. “HERE, toe U opgetrek het en deur die veld van Edom marsjeer het, het die aarde gebewe, reën het uit die lug gestort, wolke het strome water gegiet. Die berge het ineengekrimp voor die HERE, Sinai voor die teenwoordigheid van die HERE, God van Israel.

RIGTERS 5:18-22 NLV

Sebulon was nie bang om te sterf nie, ook nie Naftali op die gevegsfront nie. “Konings het kom veg. Die konings van Kanaän het by Taänak kom veg, by die fonteine van Megiddo, sonder om silwer buit te maak. “Die sterre het van bo uit die lug geveg, hulle het van bo uit hulle bane teen Sisera geveg. Die Kisonspruit het die vyand weggesleur, Kison, die rivier uit die oertyd. “Marsjeer aan, wees dapper! “Die hoewe van die perde het geklap op die grond. Sisera se dapper manne het op ’n jaaggalop weggestorm.

RIGTERS 5:31 NLV

“Mag al u vyande, HERE, tot niet gaan soos Sisera. Mag almal wat vir U lief is, wees soos die son wat in sy volle glorie opkom.” Daarna was daar 40 jaar lank vrede in die land.

Gratis leesplanne en oordenkings oor RIGTERS 5:1-5, 18-22, 31

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid