GALASIËRS 4:3-11

GALASIËRS 4:3-11 NLV

Toe ons nog geestelik minderjarig was, het ons die magte van die wêreld soos slawe gedien. Maar in die volheid van die tyd het God sy Seun gestuur. Hy is uit ’n vrou gebore, onder die wet, sodat Hy hulle wat onder die wet is, kan vrykoop, ja, sodat ons tot kinders aangeneem kan word. En omdat julle sy kinders is, het God die Gees van sy Seun gestuur om in ons te lewe. Die Gees in ons roep voortdurend na God: “Abba!” – wat die Aramese woord is vir “Vader”. Jy is dus nie meer slaaf nie, maar kind. En as sy kind het God jou sy erfgenaam gemaak! Toe julle God nog nie geken het nie, was julle slawe van gode wat nie regtig gode is nie. Nou ken julle egter vir God, of eerder: God ken julle. Hoe is dit dan moontlik dat julle weer na die patetiese en armsalige magte van die wêreld wil terugkeer om hulle soos slawe te dien? Julle hou aan om spesiale dae, maande, seisoene en jare te vier! Ek is bekommerd oor julle. Al my harde werk onder julle was dalk verniet.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid