1
PSALMS 119:105
Afrikaans 1983
U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.
Vergelyk
Verken PSALMS 119:105
2
PSALMS 119:11
Aan u beloftes hou ek vas, dit weerhou my van sonde teen U.
Verken PSALMS 119:11
3
PSALMS 119:9
Hoe kan 'n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u woord!
Verken PSALMS 119:9
4
PSALMS 119:2
Dit gaan goed met dié wat sy verordeninge gehoorsaam, dié wat met hulle hele hart sy wil doen
Verken PSALMS 119:2
5
PSALMS 119:114
By U skuil ek, U beskerm my, in u woord stel ek my vertroue.
Verken PSALMS 119:114
6
PSALMS 119:34
Gee my insig, dat ek u wet kan gehoorsaam en dit met my hele hart kan onderhou.
Verken PSALMS 119:34
7
PSALMS 119:36
U verordeninge, laat dié my na aan die hart lê, nie die begeerte om myself te verryk nie.
Verken PSALMS 119:36
8
PSALMS 119:71
Dit is vir my goed dat ek swaargekry het, want daardeur het ek u voorskrifte geleer.
Verken PSALMS 119:71
9
PSALMS 119:50
Dit is my troos in my ellende: dat u belofte my in die lewe hou.
Verken PSALMS 119:50
10
PSALMS 119:35
Laat my wandel volgens u gebooie, want daarin vind ek vreugde.
Verken PSALMS 119:35
11
PSALMS 119:33
Here, leer my hoe om u voorskrifte uit te voer, sodat ek my tot die einde toe daaraan kan hou.
Verken PSALMS 119:33
12
PSALMS 119:28
Ek kwyn weg van kommer, skenk my krag soos U in u woord beloof het.
Verken PSALMS 119:28
13
PSALMS 119:97
Hoe lief het ek u wet! Dit bly my elke oomblik by.
Verken PSALMS 119:97
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's