1
Filippense 1:6
Bybel vir almal
God het begin om 'n goeie ding in julle harte te doen. Ek is baie seker dat Hy dit sal klaarmaak op die dag wanneer Christus Jesus weer kom.
Vergelyk
Verken Filippense 1:6
2
Filippense 1:9-10
Ek bid dat julle liefde meer en meer sal word sodat julle alles beter sal verstaan en sal weet watter dinge is die regte dinge om te doen. Dan sal julle harte heeltemal skoon wees wanneer Christus weer kom, en niemand sal kan sê dat julle vir hom probleme gegee het nie.
Verken Filippense 1:9-10
3
Filippense 1:21
As ek lewe, dan lewe ek vir Christus, en as ek sterf, dan is dit vir my nog beter.
Verken Filippense 1:21
4
Filippense 1:3
Elke maal wanneer ek aan julle dink, dan sê ek vir my God dankie.
Verken Filippense 1:3
5
Filippense 1:27
Die belangrikste van alles is dat julle só moet lewe dat julle lewens pas by die goeie boodskap oor Christus. Julle moet saamwerk en dieselfde dinge dink en glo. Julle moet almal saam hard werk sodat ander mense die goeie boodskap kan glo. Julle moet dit doen wanneer ek na julle toe kom en vir julle sien, maar ook wanneer ek nie kom nie en by ander mense hoor wat julle doen.
Verken Filippense 1:27
6
Filippense 1:20
Ek hoop en ek weet seker dat God my sal help en dat Hy my nie sal los nie. Ja, ek wil altyd, soos voorheen, graag wys dat Christus die belangrikste is. Daarom maak dit nie saak of ek sal lewe en of ek sal sterf nie.
Verken Filippense 1:20
7
Filippense 1:29
God is goed vir julle, Hy laat julle glo in Christus, en meer nog, Hy laat julle ook swaarkry. Julle kry swaar omdat julle aan Christus behoort.
Verken Filippense 1:29
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's