Leesplan inligting

Ons Daaglikse Brood: Vind Troos ten Tye van Verlies Voorbeeld

Our Daily Bread: Finding Comfort in Times of Loss

DAG 1 VAN 20

Vreugde In Die Oggend



Angie kon nie deur die toegewasemde vensters van haar motor sien nie.



Onopsetlik het sy uitgetrek, reg voor 'n vragmotor in. Die ongeluk het soveel skade aan haar brein aangerig dat sy nie meer kon praat of vir haarself sorg nie.



Oor die jare heen was ek so verbaas oor die veerkragtigheid van Angie se ouers. Onlangs het ek hulle gevra: "Hoe het julle daarin geslaag om deur hierdie ervaring te kom?" Haar pa se reaksie was goed deurdag: "In alle eerlikheid, die enigste manier wat ons in staat stel om dit te doen, is deur nader aan God te kom. Hy gee vir ons die krag wat ons nodig het om ons deur te help."



Angie se ma het saamgestem en bygevoeg dat hulle hartseer gedurende die tyd van die ongeluk so groot was dat hulle gewonder het of hulle ooit weer vreugde sou hê. Terwyl hulle albei op God geleun het, het hulle tallose onverwagte bydraes vir die fisieke en geestelike sorg van Angie en hul hele gesin ervaar.

Alhoewel Angie dalk nooit haar vermoë om te praat sal herwin nie, reageer sy nou teenoor hulle met wye glimlagte en dit bring vir hulle vreugde. Haar ouers se gunsteling Bybelvers is steeds: "Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ek al weer" (Psalm 30:6).



Het jy al erge hartseer beleef? Daar is die belofte van toekomsvreugde te midde van jou trane terwyl jy op ons liefdevolle Here leun. — Dennis Fisher



Laat jou smarte by Jesus, die "Man van Smarte."

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread: Finding Comfort in Times of Loss

Ons hoop en bid dat die oordenkings wat volg jou hart sal verwarm en jou gees lig terwyl hulle jou lei om te leun op die Here, ons Herder en ons Leidsman deur die vallei van hartseer.

We would like to thank Our Daily Bread for providing this plan. For more information, please visit: www.odb.org/app

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid