Leesplan inligting

Ons Daaglikse Brood: Vind Troos ten Tye van Verlies Voorbeeld

Our Daily Bread: Finding Comfort in Times of Loss

DAG 20 VAN 20

Om Te Bid Met Vrymoedigheid



Het jy dit al ooit moeilik gevind om te bid? Dit kan gebeur wanneer ons onwillig is om vir God te sê hoe ons regtig voel. Ons kan skielik in die middel van die sin stop, en bang wees dat ons dalk oneerbiedig teenoor ons hemelse Vader is.



'n Reis deur die boek Psalms kan ons help om meer openlik te bid. Daar kan ons luister na Dawid se gesprekke met God en besef dat hy nie bang was om heeltemal oop en eerlik met die Here te wees nie. Dawid het uitgeroep: "Moet my tog nie in u toorn straf nie" (Psalm 6:1). "Ontferm U oor my, Here, want ek kwyn weg" (6:2). "Waarom staan U so ver weg, Here?" (10:1). Moet tog nie doof wees vir my nie," (28:1). "Behartig my saak teen dié wat my aankla, Here," (35:1). "Hoor my gebed, o God" (54:4). "my sorge gee my geen rus nie" (55:3).



Dink na oor Dawid se benadering. Hy het vir God gesê: "Help my!" "Luister na my!" "Moenie vir my kwaad wees nie!" "Waar is U?" Dawid het moedig na God toe gegaan en vir Hom gesê wat hy gedink het. Ja, God verwag van ons om met 'n rein hart na Hom toe te kom, en ons moet Hom met eerbied nader – maar ons hoef nie bang te wees om vir God te vertel wat ons dink en voel nie.



Volgende keer as jy met jou hemelse Vader praat, praat reguit. Hy sal luister, en Hy sal verstaan. – Dave Branon



Gebed is 'n oop lyn hemel toe.
Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread: Finding Comfort in Times of Loss

Ons hoop en bid dat die oordenkings wat volg jou hart sal verwarm en jou gees lig terwyl hulle jou lei om te leun op die Here, ons Herder en ons Leidsman deur die vallei van hartseer.

We would like to thank Our Daily Bread for providing this plan. For more information, please visit: www.odb.org/app

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid