Leesplan inligting

Grense 101Voorbeeld

Boundaries 101

DAG 5 VAN 5

Grense en Woorde

In die fisiese wêreld baken 'n heining of 'n ander soort struktuur gewoonlik 'n grens af. In die geestelike wêreld is heinings onsigbaar. Nietemin kan jy goeie beskermende heinings met jou woorde skep.


Die mees basiese grens-bepalende woord is nee. Dit laat ander weet dat jy apart van hulle bestaan en dat jy in beheer van jouself is. Om duidelik te wees oor jou nee – en jou ja – is 'n tema wat regdeur die Bybel loop (Matteus 5:37; Jakobus 5:12).


Nee is 'n konfronterende woord. Die Bybel sê dat ons mense vir wie ons lief is, moet konfronteer deur te sê: “Nee, daardie gedrag is nie reg nie. Ek sal nie daaraan deelneem nie.” Die woord nee is ook belangrik om perke op mishandeling te stel. Baie Skrifgedeeltes spoor ons aan om nee te sê vir ander wat ons verkeerd behandel (Matteus 18:15–20).


Die Bybel waarsku ons ook om nie uit "teensin of onder dwang" aan ander te gee nie (2 Korintiërs 9:7). Mense met swak grense sukkel om nee te sê vir die beheer, druk, eise en soms die werklike behoeftes van ander. Hulle voel dat as hulle vir iemand nee sê, hulle hul verhouding met daardie persoon in gevaar sal stel, dus gee hulle passief gehoor, maar innerlik voel hulle gegrief. Soms plaas iemand jou onder druk om iets te doen; ander kere kom die druk uit jou eie sin van wat jy “moet” doen. As jy nie nee kan sê vir hierdie eksterne of interne druk nie, het jy beheer oor jou eiendom verloor en geniet jy nie die vrug van “selfbeheersing” nie.


Deur jou woorde definieer jy ook jou eiendom aan ander wanneer jy jou gevoelens, bedoelings of afkeure kommunikeer. Dit is moeilik vir mense om te weet waar jy staan as jy nie woorde gebruik om jou eiendom te definieer nie. God doen dit wanneer Hy sê: "Hiervan hou Ek, maar Ek haat dit." Of “Ek sal dit doen, maar Ek sal nie dat doen nie.” Jou woorde laat mense weet waar jy staan en gee hulle sodoende 'n gevoel van die "grenslyn" wat jou help identifiseer. “Ek hou nie daarvan as jy op my skree nie!” gee mense 'n duidelike boodskap oor hoe jy verhoudings voer en leer hulle die "reëls" van jou erf.


________


Opsoek na meer? Klik hier om te sien hoe jy die gratis pdf e-boek kan kry "The 10 Laws of Boundaries" .


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Boundaries 101

Voel dit asof jou lewe buite beheer is? Miskien het jy onverklaarbare gevoelens van skuld, vrees, wrewel, magteloosheid, woede of diep emosionele pyn wat verband hou met mense wat jy ken. In hul boek "BOUNDARIES" help Dr...

More

Ons wil graag HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.boundariesbooks.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid