Leesplan inligting

Grense 101Voorbeeld

Boundaries 101

DAG 4 VAN 5

God en Grense

Die begrip van grense kom uit die wese van God. God definieer Homself as 'n unieke, afsonderlike wese, en Hy is verantwoordelik vir Homself. Hy definieer en neem verantwoordelikheid vir sy persoonlikheid deur vir ons te sê wat Hy dink, voel, beplan, toelaat, nie sal toelaat nie, van hou en nie van hou nie.


Hy definieer Homself ook as afsonderlik van sy skepping en van ons. Hy onderskei Homself van ander. Hy sê vir ons wie Hy is en wie Hy nie is nie. Hy sê byvoorbeeld dat Hy liefde is en dat Hy lig is (1 Johannes 4:16; 1:5 AFR83).


Daarbenewens is daar grense binne die Drie-eenheid. Die Vader, die Seun en die Gees is een, maar terselfdertyd is Hulle afsonderlike persone, elk met sy eie grense. Elkeen het sy eie persoonlikheid en verantwoordelikhede, sowel as 'n verbintenis met en liefde vir mekaar (Johannes 17:24).


God beperk ook wat Hy in sy erf sal toelaat. Hy konfronteer sonde en laat toe dat daar gevolge vir gedrag is. Hy bewaak sy huis en sal nie toelaat dat slegte dinge daar aangaan nie. Hy nooi mense in wat Hom sal liefhê, en Hy laat sy liefde terselfdertyd uitwaarts na hulle toe vloei. Die "hekke" van sy grense gaan op gepaste tye oop en toe.


Op dieselfde wyse het Hy ons as sy "beeld" geskep (Genesis 1:26), Hy het ons persoonlike verantwoordelikheid binne perke gegee. Hy wil hê dat ons oor die aarde moet “heers” en verantwoordelike rentmeesters moet wees oor die lewe wat Hy ons gegee het. Om dit te doen, moet ons grense soos God s'n ontwikkel.


 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Boundaries 101

Voel dit asof jou lewe buite beheer is? Miskien het jy onverklaarbare gevoelens van skuld, vrees, wrewel, magteloosheid, woede of diep emosionele pyn wat verband hou met mense wat jy ken. In hul boek "BOUNDARIES" help Dr...

More

Ons wil graag HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.boundariesbooks.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid