Leesplan inligting

Grense 101Voorbeeld

Boundaries 101

DAG 1 VAN 5

Onsigbare Eiendomsgrense


Grense definieer ons. Hulle definieer wat ek is en wat ek nie is nie. 'n Grens wys my waar ek eindig en iemand anders begin en dit lei my tot 'n sin van eienaarskap.


Dit gee my vryheid om te weet wat ek moet besit en waarvoor ek verantwoordelikheid moet aanvaar. As ek weet waar my erf begin en eindig, is ek vry om daarbinne te doen wat ek wil. Om verantwoordelikheid vir my lewe te aanvaar, maak baie verskillende opsies oop. As ek egter nie my lewe “besit” nie, word my keuses en opsies baie beperk.


Dink hoe verwarrend dit sou wees as iemand vir jou sê om “hierdie eiendom ywerig te bewaar, want ek sal jou verantwoordelik hou vir wat hier gebeur,” maar dan nie vir jou sê waar die grense van die eiendom is nie — of om jou nie die middele te gee om die eiendom te beskerm nie. Dit sal nie net verwarrend wees nie, maar ook potensieel gevaarlik.


Dit is egter presies wat emosioneel en geestelik met ons gebeur. God het 'n wêreld ontwerp waarin ons almal "binne" onsself leef; dit wil sê, ons bewoon ons eie siele en ons is verantwoordelik vir die dinge waaruit "ons" bestaan. “Net 'n mens self ken die bitterheid van sy eie gemoed, en ook in sy vreugde kan niemand anders voluit deel nie” (Spreuke 14:10). Ons moet hanteer wat in ons siele is en grense help ons om dit te definieer. Ons sal baie pyn ly as ons grense nie aan ons uitgewys word nie, of ons word verkeerde grense geleer.


Die Bybel vertel ons duidelik wat ons grense is en hoe om dit te beskerm, maar dikwels verwar ons gesin, of ander vorige verhoudings, ons oor ons grense.


Behalwe om vir ons te wys waarvoor ons verantwoordelik is, help grense ons om te definieer wat nie op ons eiendom is nie en waarvoor ons nie verantwoordelik is nie. Ons is byvoorbeeld nie verantwoordelik vir ander mense nie. Nêrens word ons beveel om "ander [te] beheer" nie, alhoewel ons baie tyd en energie daaraan wy om dit reg te kry!


________


Opsoek na meer? Klik hier om te sien hoe jy die pdf e-boek kan kry "The 10 Laws of Boundaries" .


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Boundaries 101

Voel dit asof jou lewe buite beheer is? Miskien het jy onverklaarbare gevoelens van skuld, vrees, wrewel, magteloosheid, woede of diep emosionele pyn wat verband hou met mense wat jy ken. In hul boek "BOUNDARIES" help Dr...

More

Ons wil graag HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.boundariesbooks.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid