Leesplan inligting

Ontdek Die Grootste GewerVoorbeeld

Ontdek Die Grootste Gewer

DAG 4 VAN 40

Dag 4: God het die aarde gegee

"The more I study nature, the more I stand amazed at the work of the Creator. Science brings men nearer to God" — Louis Pasteur.

God se skepping is ʼn uitdrukking van sy oneindige kreatiwiteit. Elke blom, elke dier, die mens en elke element van die natuur is ʼn deel van God se meesterstuk. Die aarde is ʼn tuin van wonders, ʼn toneel van sy Goddelike kunswerke. Hy het ook verskillende spesies diere geskape, nie as die nagevolg van die mens nie; hulle is ʼn uitdrukking van God se kreatiewe liefde en wysheid. Elke diersoort, van die majestueuse leeus tot die kleinste insekte, is deel van God se volmaakte plan. Diere bring nie net skoonheid in die wêreld nie, maar hulle vervul ook ʼn belangrike rol in die ekosisteem.

In die Bybel sê Job vir sy vriend Sofar: “Maar gaan vra gerus die diere — hulle sal jou leer en die voëls van die hemel — hulle sal jou inlig. Of gaan kla by die aarde, wat jou sal leer; die visse van die see sal jou vertel. Wie onder hulle almal weet nie dat die hand van die Here dit gedoen het nie?” (Job 12:7-9 AFR20).

Die mens, is die hoogtepunt van God se skepping, uniek in sy vermoë om te dink, te voel, te beweeg en te aanbid. God het die mens geskep as sy beeld, met ʼn doel en ʼn roeping om sy liefde en heerskappy op die aarde te weerspieël. Elke deel van die wêreld is deur God se hand gevorm en ons is genooi om met eerbied na hierdie geskenke van die Skepper te kyk.

Die skepping is ʼn getuienis van God se liefde, sy wysheid en sy voortdurende sorg vir alles wat Hy gemaak het. Dit is uiteindelik ʼn verbysterende misterie wat die menslike verstand te bowe gaan. As ons daarna kyk, word ons geroep tot verwondering en aanbidding.

Verder ontstaan daar ook dan ʼn diep besef van nederigheid en ʼn verantwoordelikheid om sorg te dra vir die geskenk van die aarde. In elke sonsondergang, elke bergpiek en elke sagte bries voel ons die teenwoordigheid van die Skepper wat sy liefde vir ons uitstort.

Oordink die volgende Skrifgedeeltes uit Spreuke 30:4 en skryf jou gedagtes daaroor neer:

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Ontdek Die Grootste Gewer

Vrygewigheid is duidelik ʼn karaktereienskap van God wat regdeur die Bybel beskryf word. Geskiedenis getuig van die vrygewige God wat nooit moeg raak om te gee nie ... Daar is so baie om te verken wat Hy spesifiek aa...

More

Ons wil graag Collage Gemeenskapskerk bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.learnandlead.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid