Leesplan inligting

Ontdek Die Grootste GewerVoorbeeld

Ontdek Die Grootste Gewer

DAG 3 VAN 40

Dag 3: God het die hemele gegee

"The sky's the daily bread of the eyes" – Ralph Waldo Emerson.

Voor die begin van tyd was daar niks, net ʼn leegte van duisternis en ʼn absolute stilte. Oor hierdie oneindige leegte het God bestaan, ʼn ewige Wese en het met sy woord begin geskep. Hy het lig in duisternis gegee en die skepping in beweging geplaas. Hy het verder die hemel met al die sterrestelsels in werklikheid gespreek: “Ja, so sê die HERE wat die hemel geskep het — Hy is God ...” (Jesaja 45:18a AFR20). Hierdie is groter as wat ons ooit kan dink!

Volgens Hugh Ross, ʼn bekende astrofisikus, is daar is al meer as 10 000 sterrestelsels deur die Hubble teleskoop waargeneem met ʼn verdere geskatte meer as 200 miljard sterrestelsels in die heelal. Hierdie 200 miljard sterrestelsels bevat ʼn gemiddeld van sowat 200 miljard sterre elk. Die totale aantal sterre in hierdie sterrestelsels beloop dus ongeveer 40 biljoen-triljoen en dit is sonder die geraamde 10 biljoen-triljoen sterre wat in die onwaarneembare dwergsterrestelsels voorkom.

Dus maak sowat 50 biljoen-triljoen sterre hul tuiste in die waarneembare heelal. Die afstand tussen sterrestelsels is verder ook ongelooflik groot. Dit neem ligjare vir lig om van een ster na ʼn ander te skyn. Hierdie enorme afstande beklemtoon die onmeetlike omvang van die heelal en die ondenkbare afmetings daarvan. Dit alles is verbysterend. As ons na die sterre kyk laat dit ons in nederigheid besef hoe klein ons is in vergelyking met die onmeetlike ruimte van die heelal. Dink nou aan hoe groot dié God is wat dit alles geskep het.

Hoe het God dit alles gemaak. Salomo het in sy besonderse wysheid verklaar: “Die HERE self het die aarde gegrondves met wysheid, die hemel gevestig met verstand” (Spreuke 3:19 AFR20). Die Bybel sê verder dat God met sy hande die hemele geskep, dit met sy hande uitgestrek het en met die Gees van sy mond al die sterre in die hemel geplaas.

In Psalm 147:4 lees ons dat God die getal van die sterre ken en aan hulle almal name gegee het. Dit beklemtoon die persoonlike interaksie van God met elke deel van sy skepping, insluitend die onmeetbare getal sterre. Die idee dat God nie net bewus is van hierdie hemelse liggame nie, maar ook elkeen van hulle individueel ken, is ʼn inspirasie wat diepte gee aan ons bewondering vir die grootheid van God.

God het nie net die sterre geskep om die nag te verlig nie; hulle is ook daar om ons te herinner aan sy ewige getrouheid en mag. Elke ster aan die hemel is deel van God se skepping en deel van sy meesterplan. Hulle getuig van sy heerlikheid en wysheid. Laat ons nie net die sterre bewonder nie, maar laat ons ook ons harte na die Skepper van die sterre rig.

Oordink die volgende Skrifgedeeltes uit Psalm 8:2-6 en skryf jou gedagtes daaroor neer:

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Ontdek Die Grootste Gewer

Vrygewigheid is duidelik ʼn karaktereienskap van God wat regdeur die Bybel beskryf word. Geskiedenis getuig van die vrygewige God wat nooit moeg raak om te gee nie ... Daar is so baie om te verken wat Hy spesifiek aa...

More

Ons wil graag Collage Gemeenskapskerk bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.learnandlead.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid