Leesplan inligting

Ontdek Die Grootste GewerVoorbeeld

Ontdek Die Grootste Gewer

DAG 6 VAN 40

Dag 6: God gee aan die mens die gawe van ʼn vrye wil

"ʼn Universele paradoks: jy is vry om te kies, maar jy is nie vry van die gevolg van jou keuse nie" — Onbekend.

In die verhaal van Adam en Eva in die tuin van Eden, sien ons hoe God die mens die vryheid gee om te kies tussen gehoorsaamheid en ongehoorsaamheid. Hy het vir Adam gesê: “Jy is welkom om van al die bome in die tuin te eet. Daar is egter een boom waarvan jy nooit mag eet nie. Dit is die boom wat kennis gee van goed en kwaad. Die oomblik dat jy daarvan eet, word jou bestemming die dood” (Genesis 2:16-17 DB).

Hierdie vryheid bring die moontlikheid van risiko deur verkeerde keuses, maar dit is die prys van ʼn ware vrye wil. Die vermoë om selfstandig te dink, te besluit en te handel maak dit verder moontlik vir die mens om in ʼn verhouding met God te staan. Dit is in hierdie vryheid dat die mens sy geestelike identiteit ontdek.

Die Bybel beklemtoon herhaaldelik die belangrikheid van vrye wil in die mens se verhouding met God. In Deuteronomium 30:19 sê God: "Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle dat ek die lewe en die dood aan jou voorgehou het, die seën en die straf. Kies die lewe, sodat jy en jou nageslag kan lewe."

Hierdie vers verduidelik dat God nie alleen ons lot bepaal nie, maar dat Hy ons die vryheid gee om te kies tussen die pad van die lewe en die pad van die dood. Die geskenk van vrye wil is ʼn uitdrukking van God se liefde vir elke mens. Dit is deur vrye wil dat die mens nie net ʼn bewustheid van God het nie, maar ook die vryheid om te reageer op God se liefde.

Die vermoë om te kies, te leer en te groei is ʼn kosbare gawe wat die mens uitnooi tot ʼn dieper en meer sinvolle verhouding met die Skepper. Die waarheid beklemtoon die belangrikheid daarvan dat ons reg kies. In dié sin is lewe en die dood te vind in die uitoefening van ons keuses.

Oordink die volgende Skrifgedeelte uit Josua 24:15 en skryf jou gedagtes daaroor neer:

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Ontdek Die Grootste Gewer

Vrygewigheid is duidelik ʼn karaktereienskap van God wat regdeur die Bybel beskryf word. Geskiedenis getuig van die vrygewige God wat nooit moeg raak om te gee nie ... Daar is so baie om te verken wat Hy spesifiek aa...

More

Ons wil graag Collage Gemeenskapskerk bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.learnandlead.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid