Leesplan inligting

Aande Met Die Heilige GeesVoorbeeld

Evenings With The Holy Spirit

DAG 2 VAN 7

Verlustig Jouself in die Here



Vader het altyd iets groter en beter in gedagte as jy bereid is om te gaan na wat Hy liefhet, selfs as dit beteken om weg te stap van wat jy dink jy liefhet. Hier is 'n belofte: jy sal ontdek dat jy baie liewer is vir wat Hy liefhet, as dit waarvandaan jy weggestap het.



Vader gee aan jou die begeertes van jou hart wanneer jy jouself in Hom verlustig — en soms beteken dit dat Hy die begeertes van jou hart verander om met Syne ooreen te stem. Verlustig dus jouself in Hom omdat Hy Homself in jou verlustig. Wees ook bereid om die goeie dinge te laat vaar vir die beter dinge wat Hy vir jou beplan.



Ek vestig my hart daarop om in U verlustig te wees. Verander my hartsbegeertes om dieselfde as u hartsbegeertes te wees. Gee my die begeertes van u hart sodat U my die begeertes van my hart kan gee. Ek gee myself oor aan u volmaakte wil vir my lewe.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Evenings With The Holy Spirit

Beëindig jou dag deur in jou gebedslewe te groei, 'n dieper begrip van die aard van God te kry en om 'n intiemer verhouding met die Heilige Gees te ontwikkel. Hierdie leesplan is gebaseer op die boek "Evenings with the H...

More

Ons wil graag Jennifer LeClaire and Charisma House bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: http://bit.ly/eveningskindle

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid