Leesplan inligting

Laat Sy Liefde Jou LeiVoorbeeld

Laat Sy Liefde Jou Lei

DAG 6 VAN 7

Ná die winter is dit lente

Ons almal het al deur tye gegaan wanneer dit winter in ons harte is. Wanneer ons voel dat ons siele gestroop is van alle lewe en ons weerloos teen die koue in ons staan. Ook jy verstaan hoe dit voel wanneer jou hart se blare gestroop is. Sulke tye moet ons onthou dat ons ’n God van álle seisoene aanbid: ’n Vader wat in die somerson aan ons vreugde gee, in die herfs-verlies-tye aan ons hoop gee, gedurende koue wintersnagte ons met sy liefde koester en ná ’n dooie tyd ... altyd weer nuwe lewe skep. Ja, ons God het ’n manier om uit enige situasie nuwe lewe en vreugde te skep.

Winter is nooit net sleg nie, want winter help ons om gestroop-eerlik na onsself te kyk ... soms wég van onsself te kyk sodat ons God se heerlikheid weer ánders kan sien. Dis juis in tye van intense weerloosheid wat Hy kans kry om vir ons te wys hoe groot sy kaggel-genade in ons lewens is.

Weet vandag dat God by jou is wanneer die somerson warm in jou hart brand, dat Hy in herfstye saam met jou bloei oor jou verliese en in die wintertye reeds besig is om nuwe lewe te skep sodat jy môre weer met nuwe passie kan blom.

Skepper-God, ek voel reeds hoe U nuwe lentebloeisels in my hart vorm ... dankie daarvoor.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Laat Sy Liefde Jou Lei

Deur die eeue was God op kreatiewe maniere by sy kinders betrokke. Jy moet onthou dat dit vándag in jóú lewe ook die geval is. Plaas die beheer van jou lewe in sy hande en jy sal ervaar hoe sy liefde jou met teerheid toe...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid