Leesplan inligting

Laat Sy Liefde Jou LeiVoorbeeld

Laat Sy Liefde Jou Lei

DAG 2 VAN 7

Plaas Hom in beheer

As daar een ding is wat ons maklik in ’n toestand van depressie dwing, is dit wanneer ons buite beheer voel. Wanneer mense, omstandighede of die verloop van dinge buite die raamwerk van ons bestuur is. Dis wanneer ons soos uitgelewerdes voel wat aan die genade van ander oorgelaat word terwyl die donkerte van depressie soos ’n groot onweerswolk oor ons harte trek. Later druk dit ons so vas dat ons skaars normaal kan (of wil!) funksioneer.

As jy dalk in ’n stadium is waar jy half reddeloos of radeloos voel, is dit belangrik om baie tyd by jou Vader se voete deur te bring. Ja, juis omdat jy nie nou eens lus het om te bid nie, moet jy jouself dwing om by Hom te gaan sit. Al stort jy net jou hart uit. Al luister jy net. Al ís jy net bý Hom.

Die oomblik wanneer jy die beheer van jou lewe in sy hande geplaas het, sal jy ’n vrede en rus vind. Jy sal ervaar hoe sy liefde jou met groot teerheid toevou en hoe Hy jou verseker van sy trou.

God is ook ’n Vader vir mense wat sukkel om die lig deur die onweerswolke te sien. Vertrou Hom om die donkerte met vreugdestrale te vervang.

Vader, soms kan ek nie bid nie ... maar ek kan U altyd vertrou.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Laat Sy Liefde Jou Lei

Deur die eeue was God op kreatiewe maniere by sy kinders betrokke. Jy moet onthou dat dit vándag in jóú lewe ook die geval is. Plaas die beheer van jou lewe in sy hande en jy sal ervaar hoe sy liefde jou met teerheid toe...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid